2 Chronicles 31:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hiskía het die afdelings van die priesters en die Leviete volgens hulle afdelings aangestel, elkeen volgens sy diens, die priesters en die Leviete as brandoffers en dankoffers, om te dien en te loof en om te loof in die poorte van die tente van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hiskia het die priesters en Leviete in afdelings ingedeel, elkeen volgens die aard van sy werk as priester en Leviet. Hulle moes sorg vir die brandoffers en maaltydoffers, die kultiese diens verrig, en sorg vir danksegging en lofprysing in die poorte van die Here se tempel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hisk¡a het die afdelings van die priesters en die Leviete vasgestel volgens hulle afdelings, elkeen volgens sy diens -- as priesters of as Leviete vir die brandoffers en dankoffers, om te dien en te loof en te prys in die poorte van die laers van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Hiskia het ook die pligte van die afdelings priesters en Leviete bepaal. Die priesters sowel as die Leviete moes afdelingsgewys, elkeen volgens die aard van sy dienswerk, sorg dra vir die brandoffers, die maaltydoffers, die algemene diens, die belydenis en die lofprysing in die poorte van die woning van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hiskia het die priesters en die Leviete volgens hulle afdelings laat aantree, elke afdeling in ooreenstemming met sy dienswerk – die priesters en Leviete, om by die •brandoffers en •maaltydoffers diens te doen, en om te dank en loof in die poorte van die Here se kamp. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hiskia het die priesters en Leviete in groepe gedeel, elke groep het die werk gekry wat hy moes doen. Die priesters moes brand-offers en ete-offers offer, en die Leviete moes vir hulle help werk. Hulle moes ook vir die Here dankie sê en Hom prys in die poorte van die tempel van die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hiskia het die priesters en die Leviete weer in diensgroepe ingedeel. Daar was groepe wat die brandoffers en die vredesoffers moes versorg, ander was verantwoordelik vir die erediens en die dank- en lofgesange vir die Here by die tempel. |