2 Chronicles 31:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook van die seuns van Aäron, die priesters wat in die veld van die weiveld van hulle stede was, in elke stad, die manne wat met name genoem is, om deel te gee aan al die manlike onder die priesters en aan almal wat was volgens geslagsregisters onder die Leviete gereken.
Afrikaans (NLV) 2011 Ook die priesters, nasate van Aäron, wat op die velde rondom die dorpe gebly het, is nie misgekyk nie. Persone is volgens naam aangesê om aan elke manlike persoon van die priesterfamilies en die Leviete wat in die register opgeneem is, hulle deel te laat kry.
Afrikaans 1933/1953 Ook vir die seuns van Aäron, die priesters, buite op die weiveld van hulle stede, was daar in elke stad afsonderlik manne wat met hulle name aangewys was om aan elke manspersoon onder die priesters en aan elkeen van die Leviete wat in die geslagsregister opgeneem was, dele te gee.
Afrikaans 1983 Ook die Aäronitiese priesters in die weigebiede van die stede is versorg. In elke stad is mense by die naam aangewys om al die manlike lede van die priesterfamilies en al die Leviete wat in die register opgeneem was, hulle deel te laat kry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir die nageslag van Aäron, die priesters, in die weigebiede van hulle dorpe, was daar in elke afsonderlike dorp manne wat by die naam aangewys is, wat die porsies moes gee aan elke manlike persoon onder die priesters, en aan elkeen wat geregistreer is onder die Leviete.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was priesters van die nageslag van Aäron wat buite elke stad in die weivelde was. Die koning het mans gekies en aangestel om vir hierdie priesters die presente te gee wat hulle moes kry. Hulle moes dit gee vir elke man of seun van die priesters en vir elke Leviet wie se naam in die naamlys geskryf was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die priesters uit die familie van Aäron wat in die dorpe rondom die stede gewoon het, is ook voorsien van hulle deel van die tempelbydraes deur mense wat daarvoor aangestel is. Hulle moes ook sorg vir die Leviete wat in die familieregisters aangeteken was.