2 Chronicles 31:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En aan die geslagsregister van al hulle kindertjies, hulle vroue en hulle seuns en hulle dogters, deur die hele vergadering; want hulle het hulleself in hulle vaste amp geheilig in heiligmaking. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit het ook babatjies, vroue, seuns en dogters van die hele tempelgemeenskap ingesluit, want hulle het hulleself getrou gereinig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle moes in die geslagsregister opgeneem word met al hulle kindertjies, hul vroue en hul seuns en hul dogters, naamlik die hele stand; want volgens hulle getrouheid was hulle werksaam met die heilige dinge. |
| Afrikaans 1983 | Al hulle afhanklikes is ook in die register opgeneem: die vrouens, die seuns en die dogters van die hele tempelgemeenskap. Die priesters en die Leviete het hulle getrou gereinig met die oog op die diens in die heiligdom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle moes in die geslagsregisters opgeneem word met al hulle afhanklikes, hulle vroue, hulle seuns en hulle dogters, die hele geloofsgemeenskap, want deur die getrouheid van die Leviete is hulle ook geheilig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die name van almal in die priester-families geskryf in die naamlys, ook die name van die babatjies, die vroue, die seuns en die dogters. Maar net die mense wat aangehou het om hulleself te wy, kon in die tempel werk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle hele gesin is ook in die register aangeteken, dit is die vroue, seuns en dogters van die hele tempelgemeenskap. |