2 Chronicles 31:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Albei na die geslagsregister van die priesters volgens hulle families, en die Leviete van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle diens volgens hulle afdelings; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ook uitgedeel aan die priesters wat in die register volgens families opgeneem is, en aan die Leviete van twintig jaar en ouer volgens hulle take en afdelings. |
| Afrikaans 1933/1953 | En wat die geslagsregister van die priesters betref, dit was ingerig volgens families; maar die van die Leviete, van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle ampsverpligtinge in hulle afdelings. |
| Afrikaans 1983 | Die priesters is familiegewys in die register opgeneem, en van die Leviete dié van twintig jaar en ouer volgens diensbeurt en afdeling. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die geval van die priesters het dit plaasgevind in ooreenstemming met die families op die geslagsregister, maar in die geval van die Leviete van twintig jaar en ouer in ooreenstemming met hulle verantwoordelikhede in hulle afdelings. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het die priesters se name in die naamlys geskryf, en hulle het ook geskryf aan watter familie die priesters behoort, maar hulle het die name van die Leviete wat 20 jaar en ouer was, geskryf by die groepe waar hulle gewerk het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die priesters is volgens hulle familie in die register aangeteken, en van die Leviete is dié wat twintig jaar en ouer was volgens hulle diensgroepe en beurte aangeteken. |