2 Chronicles 31:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Behalwe hulle geslagsregister van mans, van drie jaar oud en daarbo, tot elkeen wat in die huis van die HERE ingaan, sy daaglikse deel vir hulle diens in hulle diens volgens hulle afdelings;
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het ook die gawes uitgedeel aan alle manlike persone van drie jaar en ouer wat in die register opgeteken is en in die toekoms daaglikse diens in die tempel van die Here sou verrig. Dit sou volgens hulle verantwoordelikhede en indeling plaasvind.
Afrikaans 1933/1953 behalwe die manspersone wat in hulle geslagsregister opgeneem was, van drie jaar oud en daarbo, almal naamlik wat in die huis van die HERE gekom het, na die eis van elke dag, om te dien in hulle ampsverpligtinge volgens hulle afdelings.
Afrikaans 1983 Daarnaas het hulle ook toewysings gedoen aan die seuntjies van drie jaar en ouer wat in die register opgeneem is, almal wat een of ander tyd in die tempel sou kom vir die tempeldiens en die wagbeurte binne hulle afdelings, soos dit van dag tot dag nodig sou wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Naas die manlike persone van drie jaar en ouer op hulle geslagsregister, het dit almal ingesluit wat, volgens hulle afdelings, die huis van die Here binnegegaan het ooreenkomstig die eise van elke dag vir hulle diens, met die verantwoordelikhede daaraan verbonde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) ook vir die priesters en die Leviete wat drie jaar en ouer was, almal wie se name in die naamlys geskryf is, en wat later na die tempel moes kom om daar in hulle groepe die werk te doen wat hulle elke dag moes doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het ook gesorg dat elke man wat daagliks inkom om sy werk by die Here se tempel te doen sy geskenke kry.