2 Chronicles 31:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En naas hom was Eden en Miniamin en Jesua en Semája, Amarja en Sekanja, in die stede van die priesters, in hulle vaste amp, om aan hulle broers te gee, sowel aan die grotes as aan die kleintjies.
Afrikaans (NLV) 2011 Sy getroue helpers was Eden, Minjamin, Jesua, Semaja, Amarja en Sekanja. Hulle moes die gawes onder die priesters in hulle dorpe volgens hulle afdelings uitdeel aan groot en klein.
Afrikaans 1933/1953 En onder sy leiding was Eden en M¡njamin en J,sua en Sem ja, Am rja en Seg nja, om getrou uit te deel in die stede van die priesters aan hulle broers volgens die afdelings, aan groot sowel as klein;
Afrikaans 1983 Hy is bygestaan deur Eden, Minjamin, Jesua, Semaja, Amarja en Sekanja, en hulle moes in die priesterkwartiere op 'n billike wyse die toewysings aan hulle ampsgenote in die afdelings doen, aan groot en klein.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy is in die dorpe van die priesters getrou bygestaan deur Eden, Minjamin, Jesua, Semaja, Amarja en Seganja, om aan hulle stamgenote in hulle afdelings, groot en klein, hulle porsies te gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En Eden, Minjamin, Jesua, Semaja, Amarja en Sekanja moes hom help om die presente uit te deel in die stede waar die priesters gewoon het. Hulle het dit gegee vir die groepe priesters en Leviete, vir die oumense en vir die jongmense. Hulle moes aanhou om dit uit te deel,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sy helpers was Eden, Minjamin, Jesua, Semaja, Amarja en Sekanja. Hulle het die bydraes onder die priesterfamilies in hulle eie dorpe uitgedeel. Hulle het gesorg dat oud en jonk almal regverdig behandel word.