2 Chronicles 31:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Kore, die seun van Imna, die Leviet, die poortwagter na die ooste toe, was oor die vrywillige gawes van God, om die offergawes van die HERE en die hoogheilige gawes uit te deel.
Afrikaans (NLV) 2011 Kore, seun van Jimla die Leviet, was die poortwagter by die Oospoort. Hy moes toesig hou oor die vrywillige gawes aan God, oor die uitdeling van die offergawes van die Here, asook die besondere gewyde gawes.
Afrikaans 1933/1953 En Kore, die seun van Jimna, die Leviet, die poortwagter teen die ooste, was oor die vrywillige gawes aan God, om die offergawe aan die HERE en die hoogheilige gawes uit te deel.
Afrikaans 1983 Die toesig oor die vrywillige gawes aan God en oor die uitdeling van die offergawes van die Here en van die besondere gewyde gawes was in die hande van die Leviet Kore seun van Jimna, die wag by die Oospoort.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kore, seun van Jimna, die Leviet, wat die poortwag was by die Oospoort, het beheer gehad oor die vrywillige gawes aan God, om die wydingsgeskenke van die Here en die •besonder heilige gawes uit te deel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Leviet Kore seun van Jimna was die wag by die oos-poort. Hy moes die presente neem wat die mense self besluit het om vir die Here te bring. Hy moes die offers uitdeel wat die priesters moet kry en hy moes ook die hoog-gewyde presente uitdeel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Leviet Kore seun van Jimna, wat die wag by die Oospoort was, moes toesig hou oor die geskenke aan God, asook oor die aanwending van al die bydraes vir die Here en oor die spesiale geskenke wat aan Hom gegee is.