2 Chronicles 31:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jehiël en Asásia en Nahat en Asahel en Jerimot en Josabad en Eliël en Ismagja en Mahat en Benaja was opsigters onder die hand van Konónja en sy broer Simeï, op bevel van koning Hiskía, en Asarja, die owerste van die huis van God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die toesighouers onder hulle was Jegiël, Asasja, Nagat, Asael, Jerimot, Josabad, Eliël, Jismakja, Magat en Benaja. Koning Hiskia en Asarja, die amptenaar in bevel van die tempel van God, het hierdie reëlings getref. |
| Afrikaans 1933/1953 | En J,hiël en As sja en Nahat en Asahel en J,rimot en Josabad en Âliël en Jism gja en Mahat en Ben ja was opsigters, onder toesig van Kon nja en sy broer S¡me‹, volgens die bevel van koning Jehisk¡a en As rja, die vors oor die huis van God. |
| Afrikaans 1983 | Die amptenare tot beskikking van Kenanja en sy ampsgenoot Simi was Jegiël, Asasja, Nagat, Asael, Jerimot, Josabad, Eliël, Jismakja, Magat en Benaja. So het koning Hiskia en die hoof van die tempel, Asarja, dit gereël. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jegiël, Asasja, Nagat, Asael, Jerimot, Josabad, Eliël, Jismagja, Magat en Benaja was toesighouers onder bevel van Kenanja en sy broer Simi, op aanwysing van koning Hiskia en Asarja, die leier in die huis van God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning en Asarja, die hoof van die tempel, het vir Konanja en Simi gekies en aangestel. Hulle het ook vir Jegiël, Asasja, Nagat, Asael, Jerimot, Josabad, Eliël, Jismakja, Magat en Benaja aangestel om hulle te help. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die amptenare wat vir Kenanja en Simi gewerk het, was Jegiël, Asasja, Nagat, Aseal, Jerimot, Josabad, Eliël, Jismakja, Magat en Benaja. Dit was koning Hiskia en die hoëpriester Asarja, wat die hoof van die tempel was, se reëlings. |