2 Chronicles 31:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe dit alles voltooi was, het die hele Israel wat aanwesig was uitgegaan na die stede van Juda en die beelde stukkend gebreek en die bosse afgekap en die hoogtes en die altare uit die hele Juda en Benjamin afgebreek, in ook Efraim en Manasse, totdat hulle almal met die banvloek getref het. Toe het al die kinders van Israel teruggekeer, elkeen na sy besitting, na hulle eie stede.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die feesvierings verby was, het die Israeliete wat dit bygewoon het na die verskillende dorpe in Juda, Benjamin, Efraim en Manasse gegaan. Hulle het die heilige pilare stukkend geslaan, die Asjerapale afgekap en die heidense heiligdomme en altare verwyder. Daarna het die Israeliete na hulle wonings in hulle eie dorpe teruggegaan.
Afrikaans 1933/1953 En toe dit alles ten einde was, het al die aanwesige Israeliete na die stede van Juda uitgetrek en die klippilare verbrysel en die heilige boomstamme omgekap en die hoogtes en die altare uit die hele Juda en Benjamin en in Efraim en Manasse afgebreek totdat hulle dit vernietig het. Daarna het al die kinders van Israel teruggegaan, elkeen na sy besitting, na hulle stede toe.
Afrikaans 1983 Toe alles verby was, is al die Israeliete uit na die stede van Juda toe, almal wat by die fees was. Hulle het in die hele Juda en Benjamin en ook in Efraim en Manasse die klippilare afgebreek, die gewyde pale afgekap en die hoogtes en altare verwoes. Eers nadat alles vernietig is, is die Israeliete terug na hulle stede toe, elkeen na sy eie stukkie grond toe.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe dit alles verby was, het die hele Israel wat teenwoordig was, uitgegaan na die dorpe van Juda. Hulle het die gedenkstene stukkend gebreek, die asjeras afgekap, die offerhoogtes en die altare in die hele Juda en Benjamin, Efraim en Manasse, afgebreek totdat dit vernietig was. Daarna het al die Israeliete teruggekeer na hulle stede, elkeen na sy erfgrond.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nadat hulle klaar feesgevier het, het al die Israeliete wat daar was, gegaan na die stede van Juda. Hulle het die klip-pale afgebreek en die gewyde pale afgekap en hulle het die offer-plekke en die altare afgebreek in die hele land Juda en Benjamin, en ook in die land Efraim en die land Manasse. Dit was die plekke waar mense vir ander gode ge-offer het. Niks het oorgebly van daardie plekke nie. Daarna het al die Israeliete teruggegaan na hulle stede, elkeen na sy eie grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe die fees verby was, het die Israeliete wat die fees bygewoon het, na al die dorpe in Juda, Benjamin, Efraim en Manasse gegaan. Hulle het die heilige pilare stukkend geslaan en die Asjerapale afgekap. Hulle het die heidene se heilige plekke en die altare afgebreek en toe het almal na hulle eie dorpe en huise toe teruggegaan.