2 Chronicles 30:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wees nou nie hardnekkig soos julle vaders nie, maar gee julleself oor aan die HERE en gaan in sy heiligdom wat Hy vir ewig geheilig het, en dien die HERE julle God, sodat die gloed van sy toorn van julle kan afwend.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie koppig wees soos julle voorouers nie, maar onderwerp julle aan die Here. Kom na sy tempel toe, die plek wat Hy vir altyd as heilig afgesonder het. Dien die Here julle God sodat sy toorn van julle afgewend kan word.
Afrikaans 1933/1953 Verhard nou nie julle nek soos julle vaders nie, gee aan die HERE die hand en kom na sy heiligdom wat Hy vir ewig geheilig het, en dien die HERE julle God, dat sy toorngloed van julle afgewend kan word.
Afrikaans 1983 Moenie hardkoppig wees soos julle vaders nie, onderwerp julle aan die Here, en kom na sy heiligdom toe wat Hy vir altyd geheilig het. Dien die Here julle God, dan sal sy toorngloed van julle af weggaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moet nou nie hardnekkig wees soos julle voorouers nie. Steek 'n hand uit na die Here en kom na sy heiligdom wat Hy vir altyd geheilig het. Dien die Here julle God, sodat sy brandende toorn van julle afgewend word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie nou hardkoppig wees soos julle voorvaders nie, julle moet doen wat die Here wil hê. Julle moet na sy tempel kom wat Hy vir altyd aan Hom gewy het en julle moet julle God die Here dien. Dan sal Hy ophou om kwaad te wees vir julle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie so hardkoppig soos hulle wees nie. Aanvaar die Here se aanbod. Kom na sy tempel wat Hy vir altyd uitgekies het en kom dien die Here, julle God, sodat Hy nie vir julle kwaad bly nie.