2 Chronicles 30:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En wees nie soos julle vaders en soos julle broers wat ontrou gehandel het teen die HERE, die God van hulle vaders nie, wat hulle daarom aan 'n puinhoop oorgegee het, soos julle sien.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie soos julle voorouers en bloedverwante maak nie. Hulle het die Here die God van hulle voorouers verlaat sodat Hy van hulle ’n voorwerp van afgryse gemaak het, soos julle self kan sien.
Afrikaans 1933/1953 En wees nie soos julle vaders en julle broers wat ontrou teen die HERE, die God van hulle vaders, gehandel het nie, sodat Hy hulle 'n voorwerp van verbasing gemaak het soos julle self sien.
Afrikaans 1983 Moenie soos julle vaders en julle broers maak nie wat ontrou was teenoor die Here, die God van hulle voorvaders, sodat Hy van hulle iets gemaak het waaroor mense net die hande van verbasing inmekaar kan slaan, soos julle kan sien.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moenie soos julle voorouers en julle stamgenote wees wat ontrou was aan die Here, die God van hulle voorouers nie, met die gevolg dat Hy hulle toe 'n verskrikking gemaak het, soos julle self sien.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moenie soos julle voorvaders en soos die ander Israeliete wees nie, hulle was ontrou aan die Here, die God van hulle voorvaders. Julle het self gesien dat Hy hulle baie swaar gestraf het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moenie soos julle familie wees nie. Hulle was nie getrou aan die Here die God van hulle voorouers nie. Daarom het Hy hulle tot ’n bespotting gemaak onder die ander mense. Julle kan dit self sien.