2 Chronicles 30:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die poste het gegaan met die briewe van die koning en sy vorste in die hele Israel en Juda, en volgens die bevel van die koning wat gesê het: Kinders van Israel, bekeer julle terug tot die HERE, die God van Abraham, Isak en Israel, en hy sal terugkeer na die oorblyfsel van julle wat uit die hand van die konings van Assirië vrygeraak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op bevel van die koning is boodskappers deur die hele Israel en Juda gestuur met briewe van die koning en sy amptenare wat soos volg gelui het: Kinders van Israel, kom terug na die Here die God van Abraham, Isak en Israel sodat Hy weer sal terugkom na die oorblyfsel wat ontsnap het uit die hand van die Assiriese konings. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die hardlopers gaan toe met die briewe uit die hand van die koning en sy owerstes deur die hele Israel en Juda, en volgens die gebod van die koning, om te sê: Kinders van Israel, bekeer julle tot die HERE, die God van Abraham, Isak en Israel, dat Hy Hom mag wend tot die vrygeraaktes wat vir julle oorgebly het uit die hand van die konings van Assirië. |
| Afrikaans 1983 | Die hardlopers is toe op bevel van die koning die hele Israel en Juda deur met die briewe van die koning en sy amptenare, wat soos volg gelui het: “Israeliete, kom terug na die Here, na die God van Abraham, Isak en Israel, dan sal Hy ook terugkom na julle wat vrygekom het en oorgebly het van die oorheersing deur die konings van Assirië. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hardlopers het met die briewe van die koning en sy hoë amptenare deur die hele Israel en Juda gegaan om op bevel van die koning te sê: “Israeliete, keer terug na die Here, die God van Abraham, Isak en Israel, sodat Hy kan terugkeer na dié wat oorgebly het, wat vir julle ontkom het uit die greep van die konings van Assirië. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die hardlopers het deur die hele land Israel en Juda gegaan met briewe van die koning en die amptenare. Die hardlopers het die boodskap van die koning vir die mense gebring. In die briewe was daar geskryf: “Israeliete, julle moet terugkom na die Here toe. Hy is die God van Abraham, Isak en Israel. Dan sal Hy terugkom na julle toe, julle wat oorgebly het en wat vry weggekom het van die konings van Assirië. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die koning se bevel is boodskappers deur die hele Israel en Juda gestuur met briewe wat die volgende boodskap bevat het: Israeliete! Kom terug na die Here, die God van Abraham, Isak en Israel. Dan sal Hy terugkom na ons almal wat die aanvalle van die Assiriese konings vrygespring het. |