2 Chronicles 30:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle het toe 'n bevel ingestel om uit te roep deur die hele Israel, van Berseba tot by Dan, dat hulle moes kom om die pasga vir die HERE, die God van Israel in Jerusalem te hou, want hulle het dit lanklaas gedoen soos dit was geskryf.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle stuur toe ’n aankondiging deur die hele Israel, van Berseba in die suide tot Dan in die noorde. Hulle het elkeen uitgenooi om na Jerusalem te kom om die Paasfees van die Here die God van Israel te vier. Die volk het dit nie meer in groot getalle gevier soos destyds voorgeskryf was nie.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het dit vasgestel om 'n oproep deur die hele Israel, van Bers,ba tot Dan, te laat gaan dat hulle moes kom om die pasga tot eer van die HERE, die God van Israel, in Jerusalem te hou; want hulle het dit nie as 'n menigte gehou soos voorgeskrywe was nie.
Afrikaans 1983 Hulle het besluit om 'n oproep te laat uitgaan in die hele Israel, van Berseba af tot by Dan, om die paasfees vir die Here die God van Israel in Jerusalem te kom vier, want daar was in dié tyd nie 'n groot gesamentlike fees soos dit destyds voorgeskryf is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het besluit om 'n boodskap dwarsdeur die hele Israel te stuur, van Berseba tot by Dan, om die Pasga van die Here, die God van Israel, te kom vier in Jerusalem; want hulle het dit voorheen nie as 'n menigte gevier soos dit voorgeskryf was nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het besluit om 'n boodskap te stuur deur die hele land Israel, van die stad Berseba in die suide tot by die stad Dan in die noorde. Hulle het gesê dat die mense moet kom om die Paasfees in Jerusalem te vier vir die Here, die God van Israel, want min mense het voor hierdie tyd die Paasfees gevier soos dit in die Here se wette geskryf is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het toe ’n amptelike brief deur die hele Israel uitgestuur, van Berseba in die suide tot by Dan in die noorde. Daarin het hulle almal uitgenooi Jerusalem toe om die paasfees van die Here, Israel se God, te kom vier.