2 Chronicles 30:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle kon dit op daardie tydstip nie hou nie, omdat die priesters hulleself nie genoegsaam geheilig het nie, en die volk het hulle nie in Jerusalem bymekaargekom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle kon dit nie op die gewone tyd vier nie omdat daar toe nog nie genoeg priesters afgesonder was nie en die volk nog nie in Jerusalem bymekaargekom het nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | want hulle kon dit op sy tyd nie hou nie, omdat die priesters hulle nie voldoende geheilig en die volk in Jerusalem nie saamgekom het nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle kon dit nie op die vasgestelde tyd vier nie omdat daar nie genoeg priesters gewy was nie en die volk nie in Jerusalem bymekaar was nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want hulle kon dit nie op die regte tyd vier nie, omdat nie genoeg priesters hulleself geheilig het nie, en die volk nie in Jerusalem bymekaar was nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle kon dit nie op die regte tyd vier nie, want daar was nie genoeg priesters wat hulleself gewy het nie en die mense was ook nie bymekaar in Jerusalem nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit moes so gebeur omdat hulle die fees nie op sy gewone tyd kon hou nie. Die priesters was nie gereed daarvoor nie en al die mense was nog nie in Jerusalem toe die fees moes plaasvind nie. |