2 Chronicles 30:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het die Leviete-priesters opgestaan en die volk geseën, en hulle stem is gehoor, en hulle gebed het opgegaan na sy heilige woning, tot in die hemel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat die priesters en Leviete opgestaan het en die seën oor die volk uitgespreek het, het God dit gehoor, want hulle gebed het die heilige woning in die hemel bereik. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe staan die Levitiese priesters op en seën die volk; en hulle stem is verhoor, en hulle gebed het gekom tot in sy heilige woning, tot in die hemel. |
| Afrikaans 1983 | Toe die priesters en die Leviete opstaan en die seën uitspreek oor die volk, het God dit gehoor: hulle gebed het die heilige woning van God in die hemel bereik. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priesters en Leviete het toe opgestaan en die volk geseën; hulle stem is gehoor en hulle gebed het God se heilige woning, die hemel, bereik. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het die priesters en die Leviete opgestaan en hulle het die mense geseën. Die Here het gehoor wat hulle sê, hulle gebed het gekom tot by sy gewyde woonplek in die hemel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Levitiese priesters het opgestaan en die mense geseën. Uit sy heilige woonplek in die hemel het God hulle gebede verhoor. |