2 Chronicles 30:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar was dus groot blydskap in Jerusalem, want sedert die tyd van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, was daar nie so iets in Jerusalem nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was groot blydskap in die stad, want Jerusalem het sedert die dae van Salomo seun van koning Dawid nie weer ’n feesviering soos hierdie gesien nie.
Afrikaans 1933/1953 En daar was groot blydskap in Jerusalem; want sedert die dae van Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, het so iets in Jerusalem nie voorgekom nie.
Afrikaans 1983 In Jerusalem was daar groot vreugde, want so iets was daar nie in Jerusalem van die tyd van koning Salomo van Israel, seun van Dawid, af nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daar was groot vreugde in Jerusalem, want sedert die dae van Salomo, seun van Dawid, koning van Israel, het daar nie so iets in Jerusalem gebeur nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense in Jerusalem was baie bly, want daar was nog nie so 'n fees in Jerusalem nie, van die tyd toe Salomo seun van Dawid koning van Israel was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was groot vreugde in die stad, want Jerusalem het nie sedert die dae van Salomo só feesgevier nie.