2 Chronicles 30:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die hele vergadering van Juda, met die priesters en die Leviete, en die hele vergadering wat uit Israel gekom het, en die vreemdelinge wat uit die land van Israel gekom het en wat in Juda gewoon het, was bly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hele vergadering van Juda het gejuig: die priesters, Leviete, die gemeente wat uit Israel gekom het, die uitlanders uit Israel, asook almal wat in Juda gewoon het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die hele vergadering van Juda was bly, ook die priesters en die Leviete, en die hele vergadering van die wat uit Israel gekom het; ook die vreemdelinge wat uit die land van Israel gekom het, en die wat in Juda woonagtig was. |
| Afrikaans 1983 | Daar was vreugde in die hele gemeente van Juda, onder die priesters en die Leviete, in die hele gemeente wat uit Israel gekom het, en ook onder die immigrante wat uit die land Israel gekom het en nou in Juda gewoon het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die hele geloofsgemeenskap van Juda was verheug, ook die priesters en die Leviete, en die hele geloofsgemeenskap wat uit Israel gekom het, sowel as die •vreemdelinge wat uit die gebied van Israel gekom het en dié wat in Juda gewoon het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Al die mense van Juda was bly, ook die priesters en die Leviete en al die mense wat van Israel gekom het en die vreemdelinge uit die land Israel wat in Juda gewoon het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hele vergadering van Juda was baie bly. Dit het die priesters, Leviete en al die mense wat van die land van Israel af gekom het, en almal wat in Juda gewoon het, ingesluit. |