2 Chronicles 30:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Hiskía, die koning van Juda, het aan die vergadering duisend bulle en sewe duisend skape gegee; en die vorste het aan die vergadering duisend bulle en tien duisend skape gegee, en 'n groot aantal priesters het hulle geheilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hiskia, koning van Juda, het 1 000 beeste en 7 000 skape vir die vergadering gegee. Die leiers het ook 1 000 beeste en 10 000 skape gegee. ’n Groot getal priesters het hulleself gereinig. |
| Afrikaans 1933/1953 | want Hisk¡a, die koning van Juda, het aan die vergadering duisend bulle en sewe duisend stuks kleinvee afgegee, en die owerstes het aan die vergadering duisend bulle en tien duisend stuks kleinvee afgegee; en die priesters het hulleself in menigte geheilig. |
| Afrikaans 1983 | Koning Hiskia van Juda het duisend jong bulle en sewe duisend stuks kleinvee tot beskikking van die gemeente gestel, en die amptenare het nog duisend jong bulle en tien duisend stuks kleinvee bygesit. 'n Groot aantal priesters het hulleself gereinig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | want Hiskia, die koning van Juda, het aan die geloofsgemeenskap eenduisend bulle en seweduisend stuks kleinvee afgestaan, en die hoë amptenare het vir die geloofsgemeenskap 'n duisend bulle en tienduisend stuks kleinvee afgestaan. In groot getalle het priesters hulleself geheilig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | want koning Hiskia van Juda het vir die mense 1 000 bulle en 7 000 skape en bokke gegee om te slag. Die amptenare het ook 1 000 bulle en 10 000 skape en bokke gegee. En daar was baie priesters wat hulleself gewy het, daar was meer as genoeg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Koning Hiskia het vir die mense 1 000 bulle en 7 000 stuks kleinvee gegee en sy amptenare het nog 1 000 bulle en 10 000 stuks kleinvee gegee. Intussen het ’n groot aantal priesters hulleself ook gereedgemaak vir hulle diens. |