2 Chronicles 30:22 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Hiskía het gemaklik gespreek met al die Leviete wat die goeie kennis van die HERE geleer het; en hulle het gedurende die fees sewe dae lank geëet en dankoffers gebring en belydenis afgelê aan die HERE, die God van hulle vaders.
Afrikaans (NLV) 2011 Hiskia het die Leviete geprys vir die goeie insig wat hulle getoon het tydens die diens van die Here. Die feesvierings het sewe dae lank geduur. Maaltydoffers is gebring en sondes is voor die Here die God van hulle voorouers bely.
Afrikaans 1933/1953 En Jehisk¡a het na die hart van al die Leviete gespreek wat deeglik kennis geopenbaar het in die saak van die HERE; en hulle het die feesoffer sewe dae lank geëet, terwyl hulle dankoffers geslag en die HERE, die God van hulle vaders, geloof het.
Afrikaans 1983 en Hiskia het die Leviete geprys oor die bekwaamheid waarmee hulle dié kuns voor die Here beoefen het. Die fees is sewe dae lank gevier. Daar is maaltydoffers gebring en die Israeliete het die Here die God van hulle voorvaders geloof.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hiskia het al die Leviete wat goeie begrip getoon het in hulle diens aan die Here, bemoedigend toegespreek. Die mense het in die feestyd van sewe dae die •maaltydoffers wat gebring is, geëet, terwyl hulle belydenis doen voor die Here, die God van hulle voorouers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hiskia het vir die Leviete gesê hy is baie bly dat hulle so goed weet hoe hulle die werk vir die Here moet doen. Die mense het die fees sewe dae lank gevier. Hulle het ete-offers gebring en hulle het dankie gesê vir die Here, die God van hulle voorvaders.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hiskia het die Leviete aangemoedig wat goeie insig in die diens van die Here getoon het. So het die fees vir sewe dae aangehou. Vredesoffers is gebring en die mense het hulle sonde teenoor die Here, die God van hulle voorouers, erken.