2 Chronicles 30:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van Israel wat in Jerusalem aanwesig was, het die fees van die ongesuurde brode sewe dae lank met groot blydskap gehou; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Israeliete wat in Jerusalem byeen was, het die Fees van die Ongesuurde Brood sewe dae lank met vreugde gevier. Elke dag het die Leviete en priesters tot eer van die Here gesing, met begeleiding van musiekinstrumente wat aan die Here gewy is. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het dan die kinders van Israel wat in Jerusalem aanwesig was, die fees van die ongesuurde brode sewe dae lank met groot blydskap gevier, terwyl die Leviete en die priesters die HERE dag vir dag geprys het met kragtige instrumente tot eer van die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Die Israeliete wat in Jerusalem was, het die fees van die ongesuurde brood met groot vreugde sewe dae lank gevier. Die Leviete en die priesters het elke dag die mag van die Here geloof met begeleiding van musiek, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Israeliete wat in Jerusalem teenwoordig was, het die Fees van die Ongesuurde Brood sewe dae lank met groot vreugde gevier, terwyl die Leviete en die priesters elke dag die Here loof met instrumente waarmee die mag van die Here besing is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete wat in Jerusalem was, het die Fees van die Ongesuurde Brood sewe dae lank gevier. Hulle het gewys dat hulle baie bly is. Die Leviete en die priesters het elke dag die musiek-instrumente van die tempel gespeel sodat almal dit kon hoor. So het hulle die Here geprys. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense van Israel wat in Jerusalem was, het die fees van die ongesuurde brode sewe dae lank met groot vreugde gevier. Die Leviete en die priesters het elke dag met musiekinstrumente vir die Here gesing. |