2 Chronicles 30:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want daar was baie in die vergadering wat nie geheilig was nie; daarom het die Leviete toesig gehad om die pasga te slag vir elkeen wat nie rein was nie, om dit aan die HERE te heilig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omdat baie van die mense nie hulleself gereinig het nie, moes die Leviete die paaslammers slag vir hulle wat nie seremonieel rein was en nie hulle lammers self aan die Here kon wy nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | want daar was baie in die vergadering wat hulle nie geheilig het nie, daarom moes die Leviete die paasoffers slag vir elkeen wat nie rein was nie, om hulle aan die HERE te heilig. |
| Afrikaans 1983 | In die gemeente was daar baie mense wat hulle nie gewy het nie, en die Leviete moes toe die paaslammers slag vir almal wat nie rein was nie, sodat ook húlle paaslammers aan die Here gewy kon wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Omdat daar baie in die byeenkoms was wat hulleself nie geheilig het nie, was die Leviete belas met die slag van die pasgalammers van almal wat nie gereinig was om dit aan die Here te wy nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle moes dit doen, want baie mense in die volksvergadering het hulleself nie gewy nie en hulle was nie rein nie. Daarom moes die Leviete die paas-lammers slag om die lammers aan die Here te wy. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Omdat baie mense hulleself nie reg voorberei het vir die fees nie, moes die Leviete al hulle paaslammers vir hulle slag. Die Leviete moes toe die diere aan die Here toewy. |