2 Chronicles 30:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het op hulle plek gaan staan volgens hulle gebruik, volgens die wet van Moses, die man van God: die priesters het die bloed gesprinkel wat hulle uit die hand van die Leviete ontvang het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het hulle plekke in die tempel ingeneem volgens die bepalings van Moses, die man van God. Die Leviete het die bloed vir die priesters gebring en hulle het dit op die altaar gesprinkel.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het op hul plek gaan staan, ooreenkomstig hulle verordening volgens die wet van Moses, die man van God, onderwyl die priesters besig was om die bloed uit te gooi wat hulle uit die hand van die Leviete geneem het;
Afrikaans 1983 Hulle het hulle plekke ingeneem volgens die orde wat vir hulle neergelê is in ooreenstemming met die wet van Moses, die man van God. Die priesters het die bloed gesprinkel wat die Leviete vir hulle aangegee het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het hulle plekke ingeneem soos vir hulle bepaal word deur die Wet van Moses, die man van God. Die priesters het telkens die bloed gesprinkel wat die Leviete aangee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het op hulle plekke gaan staan waar hulle moet staan soos dit geskryf is in die Wette van Moses, die man van God. Die Leviete het die bloed vir die priesters gegee en die priesters het dit teen die altaar gespat.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het op die plekke gaan staan wat hulle s’n was volgens die reëls in die wet van Moses. Die Leviete het die bloed van die offer na die priesters toe gebring en hulle het dit teen die altaar uitgegooi.