2 Chronicles 30:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hulle die pasga geslag op die veertiende dag van die tweede maand, en die priesters en die Leviete het hulle beskaamd geword en hulle geheilig en die brandoffers in die huis van die HERE ingebring. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Op die veertiende dag van die tweede maand het hulle die paaslam geslag. Die priesters en Leviete het toe skaam geword, hulleself gereinig en brandoffers na die tempel van die Here gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hulle die pasga geslag op die veertiende van die tweede maand; en die priesters en die Leviete het hulle geskaam en hulle geheilig en die brandoffers in die huis van die HERE gebring. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het die paaslam geslag op die veertiende van die tweede maand. Die priesters en die Leviete het skaam gekry en hulle gewy en die brandoffers geoffer in die huis van die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het die pasgalam geslag op die veertiende dag van die tweede maand. Die priesters en Leviete het hulle geskaam, hulleself geheilig en die •brandoffers nadergebring in die huis van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Op die veertiende dag van die tweede maand het hulle die paas-lammers geslag. Die priesters en die Leviete het toe skaam geword. Hulle het hulleself gewy en hulle het brand-offers ge-offer by die tempel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die regte dag in die tweede maand, ’n maand later as gewoonlik, het die mense die paaslammers geslag. Toe het die priesters en die Leviete skaam geword, hulleself reg voorberei om in die Here se diens te staan en brandoffers by die Here se tempel gaan verbrand. |