2 Chronicles 30:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het opgestaan en die altare wat in Jerusalem was, weggeneem, en al die reukaltare het hulle weggeneem en in die spruit Kidron gegooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die heidense altare uit Jerusalem verwyder en die wierookaltare in die Kedronvallei gegooi.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het hul gereedgemaak en die altare verwyder wat in Jerusalem was; ook al die wierookaltare het hulle verwyder en in die spruit Kidron gegooi.
Afrikaans 1983 Die mense het die altare wat oral in Jerusalem was, afgebreek, ook al die wierookaltare, en dit in die Kedrondal gegooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het gereedgemaak en die altare wat in Jerusalem was, verwyder. Hulle het ook al die wierookaltare verwyder en dit in die Kidrondal gegooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het dadelik al die ander altare weggevat wat in Jerusalem was en ook al die ander wierook-altare. Hulle het dit in die Kedron-vallei gegooi.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het aan die werk gespring en al die heidense altare in Jerusalem afgebreek. Hulle het selfs die wierookaltare gevat en dit in die Kidronvallei gaan weggooi.