2 Chronicles 30:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En daar het baie mense in Jerusalem vergader om die fees van die ongesuurde brode in die tweede maand te vier, 'n baie groot vergadering. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gevolglik het ’n groot skare in Jerusalem bymekaargekom om die Paasfees en die Fees van die Ongesuurde Brood in die tweede maand te vier. |
| Afrikaans 1933/1953 | En baie mense het in Jerusalem byeengekom om die fees van die ongesuurde brode in die tweede maand te hou, 'n baie groot vergadering. |
| Afrikaans 1983 | Baie mense het in Jerusalem byeengekom, 'n baie groot gemeente, om die fees van die ongesuurde brood in die tweede maand te vier. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Baie mense het in Jerusalem byeengekom om in die tweede maand die Fees van die Ongesuurde Brood te vier. Dit was 'n baie groot byeenkoms. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Groot klomp mense het in die tweede maand in Jerusalem bymekaargekom om die Fees van die Ongesuurde Brood te vier. Hulle was 'n baie groot volksvergadering. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | ’n Baie groot klomp mense het toe in die tweede maand vir die paasfees en die fees van die ongesuurde brood in Jerusalem bymekaargekom. |