2 Chronicles 30:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook in Juda was die hand van God om hulle een hart te gee om die bevel van die koning en die vorste te doen, deur die woord van die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die hand van die God was egter oor die mense van Juda. Hy het hulle ’n eenheidsgevoel gegee sodat hulle die bevele van die koning en sy amptenare as die woord van die Here gehoorsaam het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook was die hand van God in Juda, sodat Hy hulle 'n eensgesinde hart gegee het om die gebod van die koning en van die owerstes volgens die woord van die HERE uit te voer. |
| Afrikaans 1983 | Ook in Juda was die hand van God werksaam. Hy het hulle die koning en die amptenare se bevel wat op sy opdrag berus het, eendragtig laat gehoorsaam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ook oor Juda was die hand van God om aan hulle 'n eensgesinde hart te gee, sodat hulle die bevel van die koning en die hoë amptenare uitgevoer het in ooreenstemming met die woord van die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het ook die mense in Juda almal laat besluit om ook te doen wat die Here gesê het, hulle almal het gedoen wat die koning en die amptenare gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In Jerusalem het die Here eensgesindheid onder al die mense bewerk. Hulle wou almal graag doen wat die koning en leiers beveel het. Dit was presies volgens die Here se woord. |