2 Chronicles 30:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die pale het van stad tot stad deur die land van Efraim en Manasse gegaan tot by Sébulon, maar hulle het hulle uitgelag en met hulle gespot.
Afrikaans (NLV) 2011 Die boodskappers het van dorp tot dorp deur die hele Efraim en Manasse tot so ver as Sebulon gegaan. Maar die mense het hulle uitgelag en hulle gespot.
Afrikaans 1933/1953 Maar toe die hardlopers van stad tot stad die land Efraim en Manasse deurgaan tot by S,bulon, het hulle hul uitgelag en met hul gespot.
Afrikaans 1983 Die hardlopers het in die gebied van Efraim en Manasse en tot in Sebulon van stad tot stad gegaan, maar die mense het hulle uitgelag en gespot.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hardlopers het van dorp tot dorp die gebied van Efraim en Manasse deurkruis tot sover as Sebulon. Maar die mense het hulle telkens uitgelag en met hulle die spot gedryf.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hardlopers het na al die stede in die lande Efraim en Manasse gegaan. Hulle het tot by die land Sebulon gegaan, maar die mense het vir hulle gelag en gespot.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die boodskappers het die brief van dorp tot dorp in Efraim en Manasse en so ver as Sebulon geneem, maar die mense het hulle uitgelag en hulle gespot.