2 Chronicles 30:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hiskía het na die hele Israel en Juda gestuur en ook briewe aan Efraim en Manasse geskrywe dat hulle na die huis van die HERE in Jerusalem moes kom om die pasga vir die HERE, die God van Israel, te vier. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Hiskia het ’n boodskap aan die hele Israel en Juda gestuur en briewe geskryf aan Efraim en Manasse. Hy het hulle uitgenooi om na die tempel van die Here in Jerusalem te kom en die Paasfees van die Here die God van Israel te vier. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarna het Jehisk¡a gestuur na die hele Israel en Juda, en ook briewe geskrywe aan Efraim en Manasse om te kom na die huis van die HERE in Jerusalem, om die pasga tot eer van die HERE, die God van Israel, te hou. |
| Afrikaans 1983 | Hiskia het boodskappers gestuur oor die hele Israel en Juda en ook briewe geskryf aan Efraim en Manasse met 'n oproep om na die huis van die Here in Jerusalem te kom om die paasfees vir die Here die God van Israel te vier. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hiskia het boodskappe na die hele Israel en Juda gestuur, en selfs briewe geskryf aan Efraim en Manasse om na die huis van die Here in Jerusalem te kom, om die Pasga van die Here, die God van Israel, te vier. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hiskia het boodskappers gestuur na al die mense van Israel en Juda, en hy het ook briewe geskryf vir die mense van die lande Efraim en Manasse. Hiskia het gesê hulle moet na die tempel in Jerusalem kom om die Paasfees van die Here, die God van Israel, te vier. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hiskia het boodskappers na almal in Israel en Juda gestuur en briewe geskryf vir die mense van Efraim en Manasse om hulle uit te nooi om almal saam die paasfees ter ere van die Here, die God van Israel, by die tempel in Jerusalem te kom vier. |