2 Chronicles 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die Allerheiligste huis gemaak, waarvan die lengte was volgens die breedte van die huis, twintig el, en sy breedte twintig el; en hy het dit met fyn goud oorgetrek, van seshonderd talente. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Allerheiligste was tien meter lank, soos die wydte van die tempel. Dit was ook tien meter breed en oorgetrek met suiwer goud, ongeveer twintig ton. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het hy die Allerheiligste Vertrek gemaak; die lengte daarvan, voor op die breedte van die huis, was twintig el, en die breedte daarvan twintig el; en hy het dit oorgetrek met fyn goud, van ses honderd talente. |
| Afrikaans 1983 | Die Allerheiligste het hy tien meter lank gemaak, net so lank as wat die gebou breed was. Die breedte daarvan was ook tien meter. Hy het die vertrek met egte goud oorgetrek, sowat twintig ton. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het ook die allerheiligste vertrek ingerig. Die lengte daarvan, oor die breedte van die tempel, was twintig el en sy breedte twintig el. Hy het dit binne met seshonderd kikkar goud van hoë gehalte bedek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Salomo het ook die hoog-gewyde kamer laat bou. Dit was 20 el lank en dit was 20 el breed. Dit was so breed soos die voorste kamer. Salomo het goudplate van 600 talente fyn goud gebruik om die mure toe te maak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Allerheiligste deel van die tempel was ’n vierkant van tien by tien meter. Al daardie mure is met suiwer goud beslaan. Die goudplate wat hulle gebruik het, het omtrent twintig ton geweeg |