2 Chronicles 3:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy het ook die huis, die balke, die deurposte en sy mure en sy deure met goud oorgetrek; en gérubs op die mure gegraveer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Al die mure, balke, deure en drumpels in die hele tempel is oorgetrek met goud, en figure van gerubs is teen die mure uitgekerf. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het hy die huis, die balke, die drumpels en die mure en deure daarvan met goud oorgetrek en g,rubs op die mure uitgesny. |
| Afrikaans 1983 | So het hy die hele vertrek met goudplaat oorgetrek, die balke, drumpels, mure en deure daarvan, en aan die mure het hy ook nog gerubs laat uitsny. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die vertrek – dit is die balke, die drumpels, sy mure en deure – met goud oorgetrek en gerubs teen die mure gegraveer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die kamer met dun goudplate toegemaak, en ook die balke, die drumpels, die mure en die deure. Hy het gerubs teen die mure laat uitsny. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Al die mure, balke, deure en kosyne is met goud oorgetrek en daar is gerubfigure (dit is diere met vlerke) op die mure uitgesny. |