2 Chronicles 3:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die groter huis het hy gesmeer met sipres, wat hy met fyn goud oorgetrek het en palmbome en kettings daarop aangebring het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hoofvertrek van die tempel is met sipreshoutpanele bedek, met suiwer goud oorgetrek en versier met graverings van palms en kettings.
Afrikaans 1933/1953 En die groot vertrek het hy met sipreshout oordek en dit met goeie goud oorgetrek en daar palmbome en kettings op aangebring.
Afrikaans 1983 Die groot vertrek het hy met sipreshout uitgevoer, met egte goud oorgetrek en daarop palms en kettings laat uitsny.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die groot vertrek het hy binne met sipreshout bedek, en dit toe met goud van hoë gehalte oorgetrek. Hy het palmette en kettingversierings daarop aangebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die mure van die groot kamer laat toemaak met sipreshout en bo-oor die sipreshout het hy dun goudplate laat sit. Hy het ook palmbome en kettings teen die mure laat maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het die mure van die groot vertrek met panele van sipreshout bedek en dit met ’n dun lagie plaatgoud oorgetrek. Dit is met uitgekerfde palmbome en kettings versier.