2 Chronicles 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die voorportaal wat aan die voorkant van die huis was, sy lengte was volgens die breedte van die huis, twintig el, en die hoogte was honderd-en-twintig; en hy het dit van binne met suiwer goud oorgetrek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die voorportaal was langs die hele breedte van die tempel, dus tien meter lank en 60 meter hoog. Die binnekant was oordek met suiwer goud. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die voorportaal voor die huis -- die lengte daarvan voor op die breedte van die huis was twintig el en die hoogte twintig el; en binnekant het hy dit met suiwer goud oorgetrek. |
| Afrikaans 1983 | Die voorportaal aan die voorkant van die tempel was tien meter lank, net so lank as wat die tempel breed was. Die hoogte daarvan was sestig meter. Salomo het dit aan die binnekant met suiwer goud oorgetrek. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die portaal wat aan die voorkant oor die volle breedte van die •tempel gestrek het, was twintig el breed en twintig el hoog. Salomo het dit aan die binnekant met suiwer goud oorgetrek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die voorportaal by die voorkant van die tempel was 20 el lank, en die tempel was ook 20 el breed. Dit was 20 el hoog. Salomo het die binnekant van die mure van die voorportaal laat toemaak met dun goudplate. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die pilaargang aan die voorkant was die volle breedte van die gebou, naamlik tien meter lank. Die plafon was tien meter hoog en die mure aan die binnekant was met goud oorgetrek. |