2 Chronicles 3:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die pilare voor die tempel opgerig, een aan die regter- en een aan die linkerkant; en die naam van dié aan die regterkant Jagin genoem, en die naam van dié aan die linkerkant Boas. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het hy die twee pilare by die ingang tot die tempel gesit, een aan die suidekant van die ingang en die ander aan die noordekant. Hy het die suidelike een Jakin genoem en die een aan die noordelike een Boas. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die pilare voor die tempel opgerig, die een regs en die ander links; en die regter-een het hy genoem Jagin, en die linker-een Boas. |
| Afrikaans 1983 | Die pilare het voor die tempel gestaan, een regs en een links. Die regterkantste het hy Jakin genoem en die linkerkantste Boas. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die pilare aan die voorkant van die hoofvertrek opgerig, een aan die regterkant en een aan die linkerkant. Die een aan die regterkant het hy Jagin genoem, en die een aan die linkerkant Boas. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die pilare regop gesit voor die tempel, een pilaar by die regter-kant en een pilaar by die linker-kant. Die pilaar regs het hy Jakin genoem en die pilaar links het hy Boas genoem. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die pilare het weerskante van die ingang van die tempel gestaan. Die regterkantste pilaar is Jakin genoem en die een aan die linkerkant Boas. |