2 Chronicles 3:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het ook voor die huis twee pilare gemaak van vyf en dertig el hoog, en die kapiteel wat bo-op elkeen van hulle was, was vyf el.
Afrikaans (NLV) 2011 Aan die voorkant van die tempel het Salomo twee pilare van sewentien en ’n half meter hoog opgerig. Elkeen het ’n kapiteel bo-op gehad van twee en ’n half meter.
Afrikaans 1933/1953 Verder het hy twee pilare voor die huis gemaak; vyf en dertig el was die hoogte, met 'n kapiteel wat op die top daarvan was, vyf el hoog.
Afrikaans 1983 Voor die tempel het hy twee pilare opgerig, sewentien en 'n half meter hoog, met 'n kapiteel van twee en 'n half meter op elkeen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het voor die tempel twee pilare gemaak, vyf-en-dertig el hoog, elk met 'n kapiteel van vyf el op die bopunt daarvan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Voor die voorste kamer het Salomo twee pilare laat bou. Die pilare was 35 el hoog, en bo-op elke pilaar was 'n kapiteel, die kapiteel was vyf el hoog.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Aan die buitekant, voor die groot vertrek van die tempel, was daar twee groot pilare. Die pilare was sewentien en ’n half meter hoog. Bo-op elkeen was daar ’n kapiteel van twee en ’n halwe meter hoog.