2 Chronicles 3:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die vlerke van die gérubs was twintig el lank: die een vlerk van die een gérub was vyf el, en het tot by die muur van die huis gegaan; en die ander vlerk was eweneens vyf el, tot by die vlerk van die ander gérub. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vlerke van die gerubs wat langs mekaar gestaan het, was saam tien meter lank. Een vlerk van die eerste gerub het die muur geraak. Die ander vlerk het aan die vlerk van die tweede gerub geraak. Altesaam was die een se vlerkspan vyf meter lank. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die vlerke van die g,rubs, die lengte daarvan was twintig el; die vlerk van vyf el van die een het geraak aan die muur van die vertrek, terwyl die ander vlerk van vyf el geraak het aan die vlerk van die ander g,rub; |
| Afrikaans 1983 | Die vlerke van die gerubs was saam tien meter lank. Die een gerub se een vlerk het aan die een muur van die vertrek geraak, en sy ander vlerk aan dié van die ander gerub. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wat die vlerke van die gerubs betref: Die lengte daarvan was altesaam twintig el. Die een gerub se vlerk was vyf el lank, en dit het aan die een muur van die vertrek geraak. Die ander vlerk was vyf el lank, en dit het aan die vlerk van die ander gerub geraak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vlerke van die gerubs was saam 20 el lank. Een gerub se een vlerk was vyf el lank en dit het geraak aan die een muur van die kamer. Die ander vlerk was ook 5 el lank en dit was vas aan die vlerk van die ander gerub. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het langs mekaar gestaan en hulle vlerkspan was tien meter lank. Elke vlerk was twee en ’n half meter. |