2 Chronicles 3:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Salomo begin om die huis van die HERE te bou in Jerusalem op die berg Moría, waar die HERE aan sy vader Dawid verskyn het, op die plek wat Dawid gereed gemaak het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.
Afrikaans (NLV) 2011 Salomo het toe begin om die tempel van die Here in Jerusalem op die Moriaberg te bou, daar waar die Here aan Salomo se pa Dawid verskyn het. Die tempel is gebou op die dorsvloer van Arauna die Jebusiet, op die plek wat Dawid uitgekies het.
Afrikaans 1933/1953 En Salomo het die huis van die HERE begin bou in Jerusalem op die berg Mor¡a waar Hy aan sy vader Dawid verskyn het, op die plek wat Dawid reggemaak het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.
Afrikaans 1983 Salomo het begin bou aan die huis van die Here in Jerusalem. Dit was op Moriaberg waar die Here aan Dawid, sy pa, verskyn het, op die plek wat Dawid laat regmaak het, waar die dorsvloer van Arauna die Jebusiet was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Salomo het toe begin om die huis van die Here in Jerusalem te bou, op die berg Moria, waar die Here aan sy vader Dawid verskyn het, op die plek van Dawid wat hy gereedgemaak het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salomo het begin om die tempel in Jerusalem te bou op Moria-berg. Die Here het daar aan sy pa verskyn. Salomo het die tempel laat bou op die plek wat Dawid gekoop het. Dit was die dorsvloer van die Jebusiet Ornan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Salomo het toe die tempel op die Moriaberg in Jerusalem begin bou. Dit was op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, die plek wat sy pa Dawid vir die tempel voorberei het. Dawid het daar ’n visioen gesien.