2 Chronicles 29:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want kyk, ons vaders het deur die swaard geval, en ons seuns en ons dogters en ons vroue is hiervoor in ballingskap. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ons voorvaders is in die oorlog doodgemaak, en ons seuns, dogters en vroue is hieroor in gevangenskap. |
| Afrikaans 1933/1953 | En kyk, hierom het ons vaders deur die swaard geval en is ons seuns en ons dogters en ons vroue in gevangenskap. |
| Afrikaans 1983 | Ons vaders het gesneuwel, ons seuns en ons dogters en ons vrouens het gevangenes geword deur dié dinge. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Kyk, ons voorouers het geval deur die swaard, en ons seuns, ons dogters en ons vroue is tans in gevangenskap as gevolg hiervan. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle weet dat ons voorvaders in oorlog gesterf het, en ons seuns, ons dogters en ons vroue het gevangenes geword omdat hulle hierdie sonde gedoen het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dít is hoekom ons voorouers in oorloë doodgemaak is en waarom ons seuns, ons dogters en ons vroue gevangenes in ander lande is. |