2 Chronicles 29:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom was die toorn van die HERE oor Juda en Jerusalem, en Hy het hulle oorgegee in benoudheid, tot verbasing en tot spot, soos julle met julle oë sien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit is waarom die Here se toorn oor Juda en Jerusalem toegesak het. Hy het hulle ’n voorwerp van vrees, afsku en bespotting gemaak soos wat julle so duidelik kan sien. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarom het 'n toorn van die HERE oor Juda en Jerusalem gekom, en Hy het hulle 'n skrikbeeld, 'n voorwerp van verbasing en van bespotting gemaak, soos julle met jul eie oë sien. |
| Afrikaans 1983 | Daarom het die toorn van die Here oor Juda en Jerusalem gekom, en Hy het van hulle iets gemaak waaroor mense net met afgryse vervul kan word en die hande van verbasing inmekaar kan slaan en kan fluit, soos julle met julle eie oë sien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het 'n oordeel uit toorn van die Here teen Juda en Jerusalem losgebreek. Hy het van hulle 'n skrikwekkende voorbeeld, 'n verskrikking en die rede vir 'n gefluit, gemaak, soos wat julle met julle eie oë sien. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarom het die Here kwaad geword vir die mense van Juda en Jerusalem. Hy het ons baie hard gestraf. Mense wat na ons gekyk het, het begin bewe en het geskrik en gefluit. Julle het dit self gesien. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom het die Here baie kwaad geword vir Juda se mense. Hy het ons tot spot onder al die nasies gemaak, soos julle self beleef. |