2 Chronicles 29:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook het hulle die deure van die voorportaal toegesluit en die lampe uitgedoof en geen reukwerk aan die brand gesteek en geen brandoffers in die heiligdom aan die God van Israel gebring nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle het ook die deure na die voorportaal gesluit en die lampe doodgemaak. Hulle het opgehou om wierook te brand en om brandoffers in die heiligdom van die God van Israel te bring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het hulle die deure van die voorportaal toegesluit en die lampe doodgeblaas en geen reukwerk aan die brand gesteek en geen brandoffer in die heiligdom aan die God van Israel gebring nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het boonop die deure van die ingangsportaal gesluit, die lampe laat doodgaan en geen wierookoffer of brandoffer vir die God van Israel gebring in die heiligdom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het selfs die deure van die portaal gesluit en die lampe uitgedoof. Reukwerk het hulle nie gebrand nie, en •brandoffers het hulle nie in die heiligdom vir die God van Israel gebring nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle het ook die deure van die voorportaal van die tempel toegesluit en hulle het die lampe doodgeblaas. Hulle het nie wierook gebrand nie en hulle het nie brand-offers gebring by die tempel van die God van Israel nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle het die ingangsdeure van die tempel gesluit, die lampe doodgeblaas, opgehou om wierook te brand en glad nie meer offerdiere in die heiligdom van Israel se God geoffer nie. |