2 Chronicles 29:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ons vaders het ontrou gehandel en gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE onse God, en Hom verlaat en hulle aangesig van die woning van die HERE afgewend en hulle rug gedraai.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons voorouers was ontrou en het dinge gedoen wat vir die Here ons God boos was. Hulle het die Here verlaat. Hulle het weggegaan en die rug op sy tempel gedraai.
Afrikaans 1933/1953 want ons vaders het ontrou gehandel en gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE onse God, en hulle het Hom verlaat en hulle aangesig van die tabernakel van die HERE afgewend en dit die rug toegekeer.
Afrikaans 1983 Ons voorvaders was ontrou en het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here ons God. Hulle het Hom verlaat, die woning van die Here nie versorg nie en dit die rug toegekeer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want ons voorouers was ontrou en het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here ons God, en Hom verlaat. Hulle het weggedraai van die •tabernakel van die Here en hulle rug daarop gedraai.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want ons voorvaders was ontrou, hulle het dinge gedoen waarvan ons God die Here nie hou nie. Hulle het Hom gelos, hulle het gemaak of hulle nie die woonplek van die Here sien nie, hulle het hulle rug gedraai na die tempel.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons ouers was ongehoorsaam aan die Here. Hulle het slegte dinge gedoen wat vir Hom onaanvaarbaar was. Hulle het opgehou om die Here in sy tempel te dien.