2 Chronicles 29:36 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hiskia was bly, en die hele volk, dat God die volk gereed gemaak het, want die ding het skielik gebeur. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hiskia en die hele volk het gejuig oor wat God vir die volk gedoen het, want alles is gou afgehandel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jehisk¡a en die hele volk was bly oor wat God vir die volk berei het; want dit het gou gegaan. |
| Afrikaans 1983 | Hiskia en al die mense was bly oor wat God vir die volk beskik het, want die hele saak is vinnig afgehandel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hiskia en die hele volk was verheug oor wat God vir die volk voorsien het, want dit het skielik gebeur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hiskia en die hele volk was bly dat God alles so vir hulle laat gebeur het. Hulle was ook bly omdat dit so vinnig gebeur het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hiskia en al die mense was bly oor alles wat God vir hulle gedoen het. Hy het gesorg dat alles by die tempel vinnig weer herstel is. |