2 Chronicles 29:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En ook die brandoffers was in oorvloed, saam met die vet van die dankoffers en die drankoffers vir elke brandoffer. So is die diens van die huis van die HERE georden.
Afrikaans (NLV) 2011 Daar was ’n oorvloed van brandoffers, die meegaande drankoffers, en ook die vet van die maaltydoffers. So is die diens in die tempel van die Here weer gevestig.
Afrikaans 1933/1953 En ook was daar brandoffers in menigte, met die vetstukke van die dankoffers en met die drankoffers vir die brandoffer. So is dan die diens in die huis van die HERE gereël.
Afrikaans 1983 Daar was boonop nog 'n groot aantal brandoffers en die vetgedeeltes van die maaltydoffers en die drankoffers wat by die brandoffers gebring moes word. So is die tempeldiens weer gevestig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En naas die brandoffers in oorvloed, was daar nog die vet van die maaltydoffers en die •drankoffers wat by die brandoffers hoort. So is die dienswerk in die huis van die Here gereël.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar was ook baie brand-offers en daar was ook die vet van die ete-offers, en die drank-offers by die brand-offer. So het die volk weer begin om die Here by die tempel te dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar was verskriklik baie brandoffers, drankoffers en die vet van die offerdiere wat geëet sou word, wat alles verbrand moes word. Op dié manier is die diens aan die Here by die tempel weer hervat.