2 Chronicles 29:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar die priesters was te min, sodat hulle nie al die brandoffers kon afgooi nie; daarom het hulle broers, die Leviete hulle gehelp totdat die werk beëindig was en totdat die ander priesters hulleself geheilig het; want die Leviete was opregter van hart om hulleself te heilig as die priesters. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daar was te min priesters om al die brandoffers voor te berei sodat hulle bloedverwante, die Leviete, hulle moes help totdat alles afgehandel en meer priesters gewy was. Die Leviete was meer nougeset met hulle toewyding as die priesters. |
| Afrikaans 1933/1953 | Net die priesters was te min en kon nie al die brandoffers afslag nie; maar hulle broers, die Leviete, het hulle ondersteun, totdat die werk klaar was en totdat die priesters hulleself geheilig het; want die Leviete was opregter van hart om hulleself te heilig as die priesters. |
| Afrikaans 1983 | Maar daar was te min priesters en hulle kon nie alleen al die offerdiere slag nie. Toe het hulle ampsgenote, die Leviete, hulle gehelp tot die werk klaar was en al die priesters hulleself gewy het, want die Leviete was pligsgetrouer met die wyding as die priesters. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daar was egter te min priesters, en hulle kon nie al die brandoffers afslag nie. Hulle stamgenote, die Leviete, het hulle bygestaan tot die werk voltooi was en totdat die ander priesters hulleself kon heilig. Die Leviete was immers meer nougeset om hulleself te heilig as wat die priesters was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar was toe 'n probleem: Daar was te min priesters om al die diere vir die brand-offer klaar te slag. Die Leviete was van dieselfde stam as die priesters, en hulle het vir die priesters gehelp totdat die werk klaar was en totdat meer priesters hulleself gewy het. Die Leviete was meer gehoorsaam as die priesters, hulle het hulleself gewy. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die priesters was te min om al die brandoffers af te slag. Die Leviete het kom help tot al die werk gedoen was en totdat meer priesters hulleself vir die tempelwerk skoongemaak het. |