2 Chronicles 29:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die getal van die brandoffers wat die vergadering gebring het, was tien en sestig bulle, honderd ramme en twee honderd lammers; dit alles was as brandoffer aan die HERE. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die gemeente het 70 beeste, 100 ramme en 200 lammers vir brandoffers gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die getal van die brandoffers wat die vergadering gebring het, was sewentig beeste, honderd ramme, twee honderd lammers; dit alles as 'n brandoffer aan die HERE. |
| Afrikaans 1983 | Die getal brandoffers wat die gemeente gebring het, was sewentig beeste, honderd ramme en twee honderd lammers, alles brandoffers vir die Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die getal brandoffers wat die geloofsgemeenskap nadergebring het, was sewentig beeste, honderd ramme en tweehonderd lammers, dit alles as brandoffers vir die Here. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die brand-offers wat hulle gebring het, was 70 beeste, 100 skaap-ramme en 200 lammers. Dit was alles brand-offers vir die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is toe 70 bulle, 100 ramme en 200 lammers as brandoffers vir die Here verbrand. |