2 Chronicles 29:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe antwoord Hiskia en sê: Nou het julle julself aan die HERE toegewy, kom nader en bring slagoffers en lofoffers in die huis van die HERE. En die vergadering het slagoffers en dankoffers ingebring; en soveel as wat vryhart was, brandoffers. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het Hiskia aangekondig: “Julle is nou aan die Here gewy. Bring nou julle offers en dankoffers na die tempel van die Here.” Die gemeente het hulle offers en dankoffers gebring en elkeen wat in sy hart so gevoel het, het vrywillig ook nog brandoffers gebring. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jehisk¡a het begin sê: Nou het julle jul aan die HERE gewy; kom aan en bring die slagoffers en die lofoffers na die huis van die HERE. Die vergadering het toe slagoffers en lofoffers gebring, en elkeen wat gewillig van hart was, brandoffers. |
| Afrikaans 1983 | Hiskia het weer die woord geneem en vir die volk gesê: “Julle is nou aan die Here gewy. Bring nou julle diereoffers en julle dankoffers vir die huis van die Here.” Die gemeente het toe diereoffers en dankoffers gebring en elkeen wat wou, het vrywillig ook nog brandoffers gebring. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hiskia het daarop gereageer en gesê: “Nou het julle julleself aan die Here gewy. Kom nader en bring slagoffers en •dankoffers na die huis van die Here. ” Die geloofsgemeenskap het toe slagoffers en dankoffers nadergebring, en elkeen wie se hart daartoe bereid was, ook brandoffers. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hiskia het daarna vir die mense gesê: “Julle het julleself nou aan die Here gewy. Kom, bring nou dank-offers om dankie te sê vir die tempel.” Die volk het dank-offers gebring, en almal wat ook brand-offers wou bring, het dit gedoen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hiskia het gesê: “Nou is die wydingseremonie klaar. Bring nou weer julle diereoffers en julle dankoffers na die tempel toe.” Die mense het toe diere gebring om te eet, asook dankoffers. Dié wat bereid was, het diere gebring om as brandoffers te verbrand. |