2 Chronicles 29:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verder het koning Hiskia en die vorste die Leviete beveel om tot eer van die HERE te sing met die woorde van Dawid en van Asaf, die siener. En hulle het lofliedere met blydskap gesing, en hulle het hul hoofde gebuig en aanbid.
Afrikaans (NLV) 2011 Koning Hiskia en die amptenare het die Leviete beveel om die Here te prys met die psalms van Dawid en Asaf die siener. Hulle het met vreugde lofliedere gesing, neergebuig en aanbid.
Afrikaans 1933/1953 Daarop gee koning Jehisk¡a en die owerstes aan die Leviete bevel om die HERE te prys met die woorde van Dawid en van Asaf, die siener; en hulle het met blydskap die lofsang aangehef en gebuig en aanbid.
Afrikaans 1983 Hy en die amptenare het toe die Leviete beveel om die Here te loof met die liedere van Dawid en die siener Asaf. Die Leviete het die lofliedere vol vreugde gesing en op hulle knieë geval en vooroor gebuig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Koning Hiskia en die leiers het vir die Leviete gesê om die Here te loof met die woorde van Dawid en van Asaf, die siener. Hulle het toe die Here met vreugde geloof, gekniel en in aanbidding gebuig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Hiskia het vir die leiers van die Leviete gesê hulle moet die Here prys met die liedere van Dawid en die siener Asaf. Hulle was bly en hulle het dit gedoen. Toe het hulle op hulle knieë gaan staan en hulle het gebuig met hulle gesigte teen die grond.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Hiskia en sy amptenare het die Leviete gevra om van die lofliedere van Dawid en die siener Asaf te sing. Hulle het dit met vreugde gedoen en toe het hulle die Here aanbid.