2 Chronicles 29:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele vergadering het aanbid, en die sangers het gesing, en die trompetblasers het geblaas; en dit alles het aangehou totdat die brandoffer klaar was.
Afrikaans (NLV) 2011 Die hele gemeente het die Here aanbid terwyl die sangers gesing en die trompette weerklink het. Dit het voortgeduur totdat die brandoffers klaar was.
Afrikaans 1933/1953 En die hele vergadering het hulle neergebuig, en die gesang het weerklink en die trompette geblaas -- dit alles totdat die brandoffer verby was.
Afrikaans 1983 Terwyl die sang weerklink en die trompette skal, het die hele gemeente in aanbidding gebuig. Dit het alles aangehou tot die offer afgehandel was.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Terwyl die hele geloofsgemeenskap in aanbidding buig, is die lied gesing en die trompette geblaas. Dit het alles aangehou totdat die brandoffer afgehandel was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hele volksvergadering het gebuig, en die Leviete het gesing en die priesters het die trompette geblaas totdat hulle klaar ge-offer het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hele vergadering het die Here vereer. Die sang en trompetspel het aangehou totdat die offers klaar was.