2 Chronicles 29:27 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Hiskía het bevel gegee om die brandoffer op die altaar te bring. En toe die brandoffer begin het, het die lied van die HERE ook begin met die trompette en met die instrumente wat deur Dawid, die koning van Israel, ingestel is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het Hiskia beveel dat die brandoffer op die altaar gesit moet word. Terwyl die brandoffer aangebied is, het die lofliedere tot eer van die Here begin. Hulle is begelei met die trompette en ander instrumente van Dawid, koning van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hisk¡a het bevel gegee om die brandoffer op die altaar te offer; en net toe die brandoffer begin, het ook die gesang tot eer van die HERE en die trompette begin, en dit onder begeleiding van die instrumente van Dawid, die koning van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Hiskia het opdrag gegee dat die brandoffer op die altaar gesit moet word, en die oomblik toe die offer begin, het die lied van die Here begin, die trompette geblaas en die musiekinstrumente van Dawid koning van Israel gespeel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | gee Hiskia die opdrag dat die brandoffer geoffer moet word op die altaar. Net toe met die brandoffer begin is, begin die lied van die Here en die trompette, met begeleiding deur die instrumente van Dawid, die koning van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hiskia het gesê die priesters moet die brand-offer op die altaar aan die brand steek, en toe hulle begin offer, het hulle die lied van die Here begin sing en hulle het die trompette geblaas. Hulle het op die musiek-instrumente van koning Dawid van Israel gespeel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het Hiskia beveel dat die offer op die altaar verbrand moes word. Toe die offer begin, het die Leviete tot die Here se eer begin sing en die trompette geblaas. Dit is begelei deur musiek wat op die instrumente van Dawid, Israel se koning, gemaak is. |