2 Chronicles 29:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die Leviete in die huis van die HERE opgestel met simbale, met harpe en siters, volgens die bevel van Dawid en van Gad, die siener van die koning, en Natan, die profeet; want so was die bevel van die HERE deur sy bevel aan die profete. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Koning Hiskia het die Leviete by die tempel van die Here opgestel met simbale, harpe en liere. Hy het al die voorskrifte gehoorsaam wat die Here aan koning Dawid deur Gad, die koning se siener, en die profeet Natan gegee het, want dit was ’n opdrag wat van die Here self deur sy profete gekom het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy het die Leviete opgestel by die huis van die HERE met simbale, met harpe en siters volgens die gebod van Dawid en van Gad, die siener van die koning, en van die profeet Natan; want die HERE het dit so beveel deur die diens van sy profete. |
| Afrikaans 1983 | Die koning het die Leviete plek laat neem met simbale, harpe en liere in die huis van die Here volgens die opdrag van Dawid en van Gad, die siener van koning Dawid, en van die profeet Natan, want dit was 'n opdrag wat van die Here self gekom het deur middel van sy profete. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het die Leviete opgestel in die huis van die Here, met simbale, harpe en liere, in ooreenstemming met die opdrag van Dawid en van Gad, die koning se siener, en die profeet Natan; want dit was die opdrag deur die Here by monde van sy profete. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning het toe gesê die Leviete moet gereedstaan by die tempel. Hulle het simbale en harpe en liere by hulle gehad. Dawid en die siener Gad en die profeet Natan het lank gelede gesê hulle moet dit doen, want die Here het toe sy profete gestuur om dit te sê. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het Hiskia die Leviete met hulle simbale, harpe en liere by die tempel laat aantree. Hy het dit gedoen presies volgens die Here se opdragte wat Dawid deur die siener Gad en die profeet Natan ontvang het. |