2 Chronicles 29:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die priesters het hulle gedood, en hulle het met hulle bloed op die altaar versoening gedoen om vir die hele Israel versoening te doen; want die koning het beveel dat die brandoffer en die sondoffer vir die hele Israel gebring moes word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarna het die priesters die bokke as ’n sonde-offer geslag en hulle bloed op die altaar gesprinkel as teken van berou vir die sondes van die hele Israel. Die koning het uitdruklik beveel dat die brandoffer en sonde-offer namens die hele Israel moes wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die priesters het hulle geslag en die bloed daarvan as sondoffer teen die altaar uitgegooi om versoening te doen vir die hele Israel; want die koning het die brandoffer en die sondoffer vir die hele Israel beveel. |
| Afrikaans 1983 | en daarna het die priesters hulle geslag en die bloed as 'n sondeoffer uitgegiet op die altaar om vir die hele Israel versoening te doen. Die koning het bepaal dat die brandoffer en die sondeoffer vir die hele Israel moes wees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die priesters het hulle geslag en met die bloed 'n reinigingseremonie by die altaar uitgevoer om versoening te doen vir die hele Israel, “want vir die hele Israel,” het die koning gesê, “is hierdie brandoffer en reinigingsoffer.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daarna het die priesters die bokke geslag en hulle het die sonde-offer gebring met die bloed van die bokke. Hulle het dit gedoen om versoening te doen vir al die Israeliete, want die koning het gesê die brand-offer en die sonde-offer is offers van al die Israeliete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het die priesters die bokke geslag en hulle bloed teen die altaar uitgegooi om al Israel se sonde voor God weg te neem. Die koning het gesê dat hierdie brandoffers en die sondeoffers vir die hele Israel se sondes bedoel is. |